GOD IS LEWE EN GOD IS GENOEG

​Death          Total Deaths      New Deaths

Bekommernis, Onsekerheid, vrees en baie ander emosies is die werklikheid wat elke dag deel van ons lewe geword het.

Klein Hannes, ‘n vriendin van my se seuntjie het my gister laat glimlag toe hy sy mamma vra of hy nog n kind gaan wees as die lockdown verby is……

Dis Hannes se bekommernis, maar wat is joune en myne? En soos ons gesigte verskil, so verskil die vrees en die emosies wat in elkeen van ons binneste binnekant prut, soos n stoompot wat druk opbou en met tyd dreig om te ontplof en oor te loop oor almal rondom jou!

Gaan ek my volle salaris kry die maand?
Gaan my baas se besigheid die toets deurstaan?
Hoe gaan ek my studies voltooi?
Hoe gaan ek my verpligtinge nakom?
Huwelikke is uitgestel!
Drome is “op hold” of dalk sommer net hooploos verby!
Die verlies van n geliefde is jou werklikheid in die tyd!
Ek weet, want ek self het n gesig en binnekant wat kan prut!

Ruth 1:14 amp
“Then they wept aloud and Orpah kissed her mother-in-law good bye, but Ruth clung to her”

En daar in die boek van Rut is n storie wat begin met die woorde “Death” en “total Deaths” en daar is ook bekommernis, onsekerheid, bitterheid, vrees en onbeantwoorde vrae en dit  lyk soos: ‘ n hooplose toekoms!

Rut se man, haar skoonpa en haar swaer is oorlede. Sy het n besluitlose skoonsuster en n bitter hooplose skoonma aan haar sy wat wil trek.
Rut het geen trouman gesien nie.
Rut het geen huis, werk of toekoms gesien nie.
Rut het geen kinders gesien nie.

Daar was niks in Bethlehem vir Orpa behalwe God nie.
Daar was niks in Bethlehem vir Rut behalwe God nie.

Orpa het omgedraai, maar Rut het na die toekoms gekyk en God gesien en sy het vorentoe beweeg.
Sy het nie baie van God geweet nie, maar
vir Rut was God genoeg.

Rut het vorentoe beweeg oppad Bethlehem toe, wat beteken “house of bread”.
Sê Jesus nie self: “Ek is die Brood van die Lewe nie”?
Het Jesus se aardse bestaan nie ook in Bethlehem begin nie?
Was Josef en Maria nie ook met “Death” gekonfronteer toe die engel Josef gewaarsku het om te vlug, want Herodus soek die kindjie om Hom dood te maak nie?
Dit moes vreesaanjaend gewees het om te vlug na n land wat jy nie ken nie.
Maar in Alles in Josef en Maria se “journey” was God genoeg en altyd op tyd, want die baba was Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe!!! En Hy is en sal altyd genoeg wees.

Vandag is my gebed vir jou en my dat Hy vir ons genoeg sal wees en dat ons Hoop in Hom gevestig sal wees.

In hierdie tyd het die Vader ons kom bless met  nuwe babas.
In die fellowship:

​Hierdie 8 babas skree HOOP…..en om net vandag aan hulle te dink is daar DANKBAARHEID in my hart.
Net om na die Kruis te kyk skeer n DANKBAARHEID in my hart los!

Iemand het eendag gesê: danksegging draai die kollig van my en my probleme en my emosies af weg en plaas dit op God!

Kom ons beweeg vorentoe soos Rut met Hoop en Dankbaarheid in ons harte!
Met ons oog op die Kruis en op God en die absolute wete Hy is genoeg al sien ons nie alles nie!!

Hy is Lewe en Hy is Genoeg

 
 
 
Picture

Klein Adri

 
 
Picture

Klein Chrichell

 

Picture

Klein Kate

 

Picture

Klein Zelke


Picture

Tweeling Eljuné & Femke

 

In my Familie: Gemaak in Australia met Suid Afrikaanse bestandele
Klein Luca

Klein Eli (gebore vandag 7 April)

PicturePicture
Share This Content Via: