Hulk Smash-lewe

Picture

Soos ons een naweek om die kampvuur sit op die plaas, sien ek my broer se seuntjie stap na ‘n tak wat te groot is om in die vuur te gooi.  Ek sien hy probeer vir hom ‘n takkie afbreek, maar kry dit nie reg nie.  Die volgenede oomblik skree hy: 

“HULK SMASH!!”  

en spring die tak plat.  Met ‘n groot glimlag tel hy die houtjies op om in die vuur te gooi.

Die vraag het by my opgekom: 

Wat weerhou ons van ‘n HULK-SMASH-lewe?

Wat weerhou my van ‘n lewe waar ek ‘n tak in die pad sien en in geloof skree

 “In Jesus Naam!” 

en die hindernis plat spring?

Wat weerhou my van die vryheid om in geloof uit te gaan en soos ‘n HULK elke wapen wat die vyand smee net plat te spring en te leef in die vryheid, vrede en glorie wat God belowe in Sy Woord?

“For you have not received the spirit of bondage again to fear; but you have received the Spirit of adoption, whereby we cry, Abba, Father.”  Rom 8:15

“If the Son therefore shall make you free, you shall be free indeed.” Joh 8:36

‘n Paar wapens wat die vyand teen ons as vrouens smee sodat ons ons IN JESUS NAAM-lewe verloor is:

·         Vergelyking

Jy stap by iemand se huis in en skielik voel jy soos ‘n mislukking as ‘n ma en ‘n vrou.  Alles in haar huis is so perfek en in orde en alles by jou is so deurmekaar.

Net daar kom steel die vyand ons vryheid in Jesus Christus. 

God se liefde vir ons is nie gekoppel aan ons dade of wie ons is nie. Hy is lief vir ons deur wie Hy is nie wie ons is nie. Hy wil juis elkeen van ons hê net soos ons is. Sonder vergelyking.

Die bediening wat Hy deur my beplan pas perfek in by hoe Hy my gemaak het. 

In Gen 4 het vergelyking Kain sy verhouding met God gekos.  Deur die heeltyd sy oog op sy broer se werk te hou het hy die vrug van sy eie werk verloor, maar belangriker as dit hy het sy intieme verhouding met God vergeld deur sy daad van jaloesie.

Vergelyking weerhou ons van God se plan in ons lewe en ook van die kosbare diep verhouding wat Hy so graag met ons wil hê.

·         Minderwaardigheid

Ek kan nie so mooi bid of praat soos daardie een nie.

Die vyand gebruik hierdie wapen om ons te weerhou van alles wat God deur ons wil doen.  Hy wil ons juis stilmaak.

Sodra ek weet wie ek is in Christus sal daar ‘n boldness en krag oor my kom om uit te gaan en te doen wat God verwag.

In Joh 4 het Jesus vir ‘n vrou gevra om vir Hom water te gee.  Sy het min van haarself gedink en haarself nie gesien soos Jesus haar sien, maar Jesus antwoord haar:

“If you know the gift of God, and who it is that said to you: Give me to drink; You would have asked of him, and he would have given you living water.”


As ek weet WIE die een is wat my Sy suster noem en in wie se naam ek mag vra en Hy sal gee;  Dan sal ek nie weer myself kan sien as minder as nie.  

Ek sal myself nie meer sien nie.  

Die oomblik as ek die Gawe van God in my lewe leer ken, is die eie ek nie meer van belang.  Dan sien ek nie meer myself.  Dan sien ek net vir Jesus.

Al hierdie dinge kan slegs gebeur as Jesus in my en deur my leef deur weergeboorte.

Vandag as die Here jou roep tot ‘n dieper  IN JESUS NAAM-lewe van vryheid en vrede, moenie jou hart verhard nie.  Hy is die een vir wie jy nog altyd wag.  Jesus is Sy Naam.  In Hom is ons in staat tot ‘n IN JESUS NAAM-lewe waar ons elke hindernis kan plat trap.


Mariska du Plessis


Loading

Share This Content Via: