Senior Youth Camp – 12-14 Jan 2018

Picture

On the weekend from 12-14 January 2018 we had a beautiful Senior Youth Camp at Three Rivers.  Here follows two testimonies about the camp.
 
@Wow. Die Senior Youth Camp van 2018 was AMAZING. Ek het revelation na revelation gekry en net weereens besef hoe lief God ons werklik het. Alles op die kamp was lekker: die kos, die fellowship, die kampvure, maar bowenal  die encounters met God. Almal het so mooi geshare deur die kamp, maar Saterdag oggend se boodskap het alles binne my kom rond skud. Iemand het geshare oor hoe hy die afgelope tyd uit sy eie uit probeer het om te wees wie die Here wil hê hy moet wees, maar hy het besef dat ons nie uit ons eie uit moet probeer nie, ons moet net “let go and let God.”
 
Ek was verstom oor die feit dat dit presies is waarmee ek geworstel het. Ek het  gedink dit is wat ek moes hoor, maar toe kom Sondag oggend. Ons het almal ‘n boekmerkie gekry met ‘n versie of ‘n quote op en myne  het gesê: “The surest mark of a Christian is not faith, or even love, but JOY.” Dit staan nie in die Bybel nie, maar as ons net vreugde in Jesus het, kan niks ons onderkry nie. Dít het my lewe drasties kom verander. Die Here het daardie naweek so baie met my en met baie ander ook gepraat, want ek kon dit sien in die jongmense rondom my. Dit was ongelooflik lekker om net weer saam met boeties en sussies te wees in die teenwoordigheid van God.
 
Kyla de Lange

 
 
Die Youth camp was ‘n ongelooflike groot blessing vir my ,omdat die Here het net so met my gepraat oor dinge wat nie reg was in my lewe nie. Alles wat gedeel was het baie met my gepraat ,nie die woorde self nie ,maar die krag wat agter die woorde was het my baie geraak. Jy kon voel dat die Heilge gees daardie naweek daar beweeg het en ek sal enige tyd dit oor wil doen
 
Wilko du Plessis

Loading

Share This Content Via: