We were also blessed with encouraging fellowship and delicious food in between, and also by the baptism of two sisters at the end of the weekend. God is so good!
Rebecca Kiln
Die kamp was regtig een besonderse ervaaring in my lewe. Die kamp was beslis van pas op ons jong volwassenes wat besig is om die nuwe fase van ons lewe in te tree. Baie van ons tree in op die fase met die verkeerde stapskoene. Ek het met die stapskoene in gestap maar op die verkeerde fondasie.. ek het gedink dat ek wat nou volwasse is kan als self op my eie reg kry. Of dit nou probleeme in my lewe was of keuses het ek nooit Jesus betrek nie. Ek het gou gou genoeg besef waar ek verkeerd gaan toe oom (ek het sy naam vergeet) saterdag oggend geopen het uit Acts 8:26-38. Jesus is brood nodig in ons lewens! Ons jong mense vandag glo ons is sterk genoeg om die lewe alleen aan te pak. Jesus ken elkeen van ons so goed! As ons hom toelaat om oor te neem in ons lewens sal ons nooit weer swoeg of sweet nie. Op die kamp het ek geleer om die besluit te maak elke dag of ek my vertroue in die Here gaan plaas of aan myself. Gee jouself heeltemaal oor aan ons groot almagtige Here moenie hom eenkant toe skuif nie want hy is soo ongelooflik lief vir sy kinders!
Claudene Jordaan
![]()