Jesus: Die almagtigste Koning – MG se prentjie

Hierdie briefie het MG Beukes (10 jaar) geskryf vir homself.  Sy ma het dit in sy lessenaar gevind en met sy toestemming deel ons dit graag met almal.

MG skryf:
“Jesus het opgestaan van die dood.  Selfs het mense nie in Hom geglo nie tot Hy opgestaan het.  Hy het selfs die laaste ete saam met die dissipels geëet.  Een van die dissipels wat vir Hom die liefste was, het gehuil.  Jesus het gewas en hy het vir Jesus gesê ‘Jy (U)  gaan nie my voete was nie, jy (U) is die almagtigste van almal. Ek sal u se voete was’ En toe sê Jesus ‘Ek sal jou voete was.’
Hy het selfs ‘n man lat sien.  Die bybel sê toe die blinde man hom gehoor het het hy begin Jesus se naam skree.

Jesus is die almagtigste van al konings.

Loading

Share This Content Via: