Saterdag 18 Januarie het 103 manne van Heilbron en omliggende dorpe by die spog “venue ” Donsveertjie, net buite Heilbron van Albert en Collette Els bymekaar gekom vir n manne ontbyt.
Na ses weke se milde reën was dit die gepaste wyse om 2020 vars te begin met n honger en ‘n dors na die Lewende Water en om die jaar n jaar te maak wat ons nader aan die Vader wil leef en manne van God se Woord te wees.
Vroegdag is die mans met ‘n heerlike boeretroos, skons en beskuit begroet en vinnig is die saal gevul met dankbare harte.
Die dreigende wolke het ons bos droom vir die keer gestuit, maar gou gou was alle stoele in die saal en niks kon die teenwoordigheid van die Here stuit nie.
Mike Mouton van Heilbron verwelkom almal en lei ons vreugdevol in aanbidding.
Soos “O Heer my God” uit 103 mans borskaste bulder kom vul n rustige wete die vertrek dat, deur die hele skepping klink dit saam dat Hy is ons God en Hy is groot en ons sal juig.
Quinton Warne van Drie Riviere het sy getuienis van hoe vinnig jy in n oomblik nie meer hier kan wees nie, maar die Here het hom n tweede kans gegee en hom sy trotse arrogante hart kom wys.
Hy het die mooiste storie vertel van as jy op n wildsplaas ry en jy het nou al n geruime tyd gery en jy het nog geen leeus gesien nie, is jou opinie dat daar nie leeus is nie en jy kan jou voertuig verlaat en n entjie stap.
Maar wat is jou opinie werd as jy n ent van jou voertuig af is en voor jou staan die leeu wyfies en agter jou brul die mannetjie? Hy het die mans motiveer om hulle opinie vir n oomblik eenkant te sit God te vra om Sy opinie van hulle vir hulle te wys.
Rene Welgemoed van Drie Riviere het die boodskap van erns en hoop gebring en gedeel oor die blinde man in Markus 10 wat geweet het dat hy blind was, maar hy het Jesus herken en erken en geweet dat dit sy enigste hoop is om weer te kan sien. Ons moet versigtig wees dat ons dink dat ons kan sien en seker maak dat ons Jesus nodig het om te sien.
Die dag is afgesluit met n allemintige ontbyt en met harte wat aangeraak is deur dieselfde getroue God wat elke druppel reën voorsien, ons tweede kanse gee en steeds blindes laat sien, gaan 103 mans uitmekaar en ons almal is dit eens:
Hierdie gaan n jaarlikse instelling wees.
Liezl Beukes

![]()