Petrus Steyn Fellowship

Diens Tye:

Sondae:  09:30
Dinsdae: 19:00

Prayer Meetings:

Donderdae:  19:00

Skakel gerus

Gerhardus Beukus – 0827867751

GF vd Westhuizen – 0732206034

om plek van samekoms te bevestig.

Ons eerste liefde is Jesus Christus.  Joh 4: 14 “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.”

Jesus is God se plan vir ‘n verlore wêreld. Joh 1:4 “In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense”

As Jesus se hande en voete gaan ons uit in die wêreld met die evangelie soos bevestig in die Woord. Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

 Om elke seer, stukkende en verlore siel op te help en die Woord te bring tot opbouing van geloof in God. Rom 10:17 ” Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.”   Matt 12:3,4 ” ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.  En op Hom sal die heidene hoop.”


Om mense te lei tot weergeboorte en ‘n lewe in oorvloed. Joh 3:3 ” Jesus antwoord en sê vir hom:  Voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koningkryk van God nie sien nie.”  Joh 10:10 “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.  Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”


Indien jy vandag wonder of jy werklik weergebore is.  Indien jy vrees vir die dood.  Indien jy lou voel en weet jou vuur vir die Here brand nie soos dit moet nie.  Kontak ons vandag!  Heb 4:7 “…vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.”  

 

Share This Content Via: