Mienje van der Westhuizen
Op 2 Julie 2015 hoor ons dat ons liefste Mienje, dogtertjie van GF en Nadia van der Westhuizen, in die ISE in Bloemfontein opgeneem is. Sy het ‘n virus opgetel en haar nierfunsie en organe is daardeur aangeval. Ons as fellowship het dadelik begin bid vir klein Mienje. Daar is ‘n gebedsbyeenkoms gereël vir daardie aand waarin ons almal ernstig vir Mienje ingetree het. Die vroue van die fellowship het ook besluit om ‘n 24 uur gebedskring te begin vir […]