Elke dag hoor ons duisende woorde. Woorde wat ons affekteer op een of ander manier. Hierdie woorde het die potensiaal om ons op te lig of af te dwing. Maar een ding is seker – woorde het gevolge. Gevolge – goed of sleg – kan ons lewens verander, ons emosies.
Daar is ‘n verhaal in die Woord waar daar ‘n vrou na Jesus gekom het om te smeek vir genesing vir haar dogter (Markus 7:24). Sy het ‘n dringendheid in haar hart ervaar vir hierdie genesing. Sy het selfs nie die norme en reëls van die tyd in ag geneem en respekteer nie. Sy het na hom gegaan en in geloof gevra vir haar dogter se verlossing. En daardie dag, het Jesus vir die om hom vertel van die geloof in daardie vrou.
Snaaks hoe ons in 2021 nie desperaat is vir Jesus se genesing in ons lewens nie. Ons is tevrede om Jesus met ons klein ongemakkies te vertrou – maar glad nie met die genesing van ons siele nie! Die sonde wat deur Adam die wereld ingekom het is fataal – dis wat ons van God skei! Moderne samelewing het dit onnodig verklaar om Jesus te smeek vir daardie verlossing, om te soek en te vind.
Jesus verklaar dat Hy die “weg, die waarheid en die lewe is” (Joh 14:6)– en mense is heel gelukkig om te weet van die weg. Ons weet tog dat dit Jesus is, en Hy het die weg oopgemaak. Maar die probleem kom in by die Waarheid. Ons soek die waarheid totdat dit ons nie meer bevoordeel nie. Ons soek die waarheid vir almal en alles wat teen ons is, maar as ons gekonfronteer word met die waarheid vir onsself soek ons skuiling in ons menige verskonings… en sonder hierdie waarheid is daar ongelukkig geen lewe nie. Die lewe lê juis in die feit dat die waarheid vrymaak.
Die verskil is daarin dat jy woorde gehoor het wat die potensiaal het om jou lewe en omstandighede vir altyd te verander, maar dis as ons die bybel glo! So as ons ‘n vers lees soos hier in Eksodus 3 – dan kan ons vandag sien as ‘n tyd waar ons naby aan die bos kom, Soos Moses nader gekom het omdat hy die bos sien brand het, kan jy ook hopelik nader kom aan God se wonder.
Moses het ‘n tweede aksie gedoen, hy het nader gegaan na die bos en toe – Roep God hom en hy se woorde wat in ewigheid gaan weerklink! Here I am – Hier is ek… Van daardie dag af het Moses God se wil gedoen, en God se mense gelei! Gaan jy een van die wees wat geroep is en toelaat dat God se krag deur jou werk en mense begin lei waar jy is?
Sê vandag vir God – Here I am – Hier is ek!
Then Moses said, “I will now turn aside and see this great sight, why the bush does not burn.” So when the Lord saw that he turned aside to look, God called to him from the midst of the bush and said, “Moses, Moses!” And he said, “Here I am.”
Exodus 3:3-4 NKJV

Danie Botha