2 Kor. 5 v 9: Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. 10: Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Ek was vandag in die bank in Heilbron omdat ons nie so ‘n ding het hier in Petrus Steyn nie. Wat ‘n belewenis!
‘n Baie goed geklede vrou het haar stemmetjie so verhef dat dit eintlik ‘n verleentheid was. En dit omdat Navrae nie deur die dik glasvenster kon hoor nie. En sy is nie klient van my bank nie, sy werk by ‘n ander bank!
Toe ek terugry, besef ek : maar dis ek daai! Ek dink ook toe sommer aan die vrug van die Gees soos wat dit in Gal. 5 staan. Liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Eina!
Ek bid toe sommer onmiddellik: Jesus, vergewe my my ongeduld. Want in Matt. 15 v. 11 is geskrywe : Nie wat in die mond ingaan maak die mens onrein nie, maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Dis werklik vir my ‘n daaglikse stryd om VERAL lankmoedig te wees en ek weet ek kan dit geensins regverdig deur te beweer dat Jesus ook Sy humeur verloor het soos byvoorbeeld met die reiniging van die tempel nie. Nee, ek kan nie my mooi kleertjies aantrek en dan dink ek is oulik en mense soos gemors behandel nie. Verder aan in Matteus (23 v. 27) vergelyk Jesus die geveinsdes met ‘gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is’.
Hy ken elkeen van ons se hart en daarom sal my gebed altyd wees soos in Psalm 19 v. 15 : Laat die woorde van my mond en die oordenkinge van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here my rots en my Verlosser!
Want as ek die Heilige Gees werklik toelaat in my lewe, in my hart, is daar nie plek vir ‘allerhande onreinheid’ nie.
Amen.
Danie Wepener