Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel,
my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.
Met al die onstuimigheid, en onrus in die wêreld vandag, is dit ontstellend om te sien hoe mense in angs en woede reageer. Dis sleg om te hoor hoe mense redeneer oor hierdie dinge, maar meer vreesaanjaend om te beleef hoe mense nie ag gee op die waarskuwing van Matteus 24:6 ”En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.”
Ons word dan gewaarsku dat hierdie tekens is van die einde. Hoe word die kerk dan effekloos in ‘n wêreld wat op die einde is. As ons kinders in ‘n wedloop betrokke is en dit nader die einde, is daar amper altyd ‘n bemoediging van ons kant af dat die einde in sig is en dat ons nie nou moet moed opgee nie.
Egter, wanneer dit by die dinge van die Here kom, raak ons moedeloos, en gee op! Wat doen ons?
Broers en susters, die waarskuwing in Eksodus 15 is een van erns! In die vorige hoofstuk het die Israeliete gesien hoe God hulle vyande voor hulle oë omgolf het met die rooi see. Hulle het gesien hoe die lyke uitspoel op die strande en hulle het ‘n lied gesing. In hulle eie woorde het hul gese hoe groot God is.
Maar vers 9 is die een wat my opgeval het. Die Israeliete se vyand was Farao, maar ons vyand is slimmer, maar hy se steeds dieselfde. EK sal agtervolg, en hoe agtervolg die vlees se begeertes nie ons nie, hoe agtervolg die magte van die bose nie ons nie. Ek sal inhaal – alhoewel ons as kinders van die Here ‘n oorwinning behaal het oor die vlees – en ons was sooo dankbaar – maar nou haal hierdie vlees ons in, juis nou wanneer die druk op ons is. Ek sal die buit verdeel – en verdeling of divisie is sy area van kundigheid.
Snaaks hoe in hierdie tye, sy (vyand) begeerte versadig word uit die kerk – hy kry dit reg om verdeeltheid te bring, om wantrou onder die kinders van God te bring, sy begeerte om die kerk en die lede te verwoes begin lyk of dit wen. Wanneer hy dit reggekry het, is dit net die swaard wat oorbly. Dan sal die kerk aan sy hand uitgeroei word. Dis as ek en jy toelaat dat hierdie dinge gebeur.
Wat wel my opgewonde maak is dat daar mans en vroue is wat vasbyt deur hierdie verdrukking, wat vashou aan God se woord en beloftes, wat vorentoe kyk en toelaat dat die Gees hulle lei. Hulle is daardie mense wat sien hoe God oorwinning in hul lewens maak!
Vanmore kan jy die besluit neem – die besluit om God te glo as Hy sê die einde is naby – en jou vrese, emosies en bekommernisse op hom plaas. Dan kan ons werklik glo dat God sy kerk bou!
IN hierdie onseker tye moet ons saamstaan in gebed, in woord en daad – God is in beheer en Hy sal veg vir ons! Kies vanoggend reg.

Danie Botha