En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
Die grootste hiervan is die liefde. Snaaks hoe verwronge ons idee van liefde is.
Dat dit alles wat verkeerd is aanvaar, en goedkeur en dit verkeerd is oorsien en ongestraf laat.
Die ergste is dat dit is hoe mense God se liefde sien – ten spyte van die feit dat daar ‘n vers in die Bybel is wat dit juis anders stel. Die vers leer ons dat die loon van sonde is die dood! Hoe kan ons dan, as ons in God en sy Woord glo – hierdie woord wat vlees geword het, aanhou om verkeerde dade, houdings, gedagtes, en besluite toe te laat onder mekaar. Het ons so ver beweeg van Sy liefde dat ons nie meer verantwoordelik is om ons gedrag teenoor mekaar (die kerk) en die wêreld (die wat nog opsoek is) aan liefde te onderwerp nie?
Die hoofstuk in 1 Korintiers spreek van die menslike natuur in die volgende opsigte:
1. Al kon ek die tale van mense en engele spreek – hoe arrogant word ons nie in hierdie dinge nie?
2. Al het ek die gawe van profesie, en kan geheimenisse uitle, en kennis besit en geloof hê,
3. Al maak ek opoferrings en selfs my lewe gee vir die evangelie
Elke een van die bogenoemde gevalle word gekoppel aan liefde – nie as een ding nie maar twee. As jy hierdie doen sonder liefde is dit niks werd nie.
Let op hoe die klem op hierdie liefde druk – hoe dit net van toepassing is op die kerk van Jesus? Dit is dus moontlik om hierdie dinge sonder liefde te doen – maar dan is dit sonder effek. Sonder dat dit ons verander. Sonder dat dit ons laat groei.
Wanneer laas het die kerk van Jesus so ‘n effek in hierdie wêreld gehad sodat mense op hul knieë neerval en God se aangesig soek. IS die probleem nie dalk dat ons nie mense uithelp uit hulle probleme in liefde nie, maar dat daar soos kinders opgetree word en verwag word dat almal moet ons net liefhê soos ons is nie?
Die tyd het gekom dat die Kerk van Jesus, sy Bruid, reg doen in die oë van die Here en, ons broers en susters in liefde en sorg behandel, en Sy gebooie onderhou. Watter ouer sal toekyk sonder om in te tree waar broers en susters mekaar verkeerd behandel, waar broers en susters optree sonder denke vir die ander, waar broers en susters mekaar haat? Hoe kan ons God, wat regverdig is, dit net los in Sy kerk?
Die antwoord vind ons in Openbaring – Hy doen nie. Aan die briewe aan die kerk van Efese (Op 2) noem Hy juis dat hierdie een ding het hy teen hulle, dat hulle hul eerste liefde verlaat het. Die eerste liefde wat gewaarsku het in liefde, wat getugtig het met kommer, wat gelei het in geregtigheid.
Ons as die kerk kort weer daardie liefde. Ons as kerk moet begin luister na die wat ons waarsku, eerder as om ons eie verstand en harte te volg.
Die Woord sê immers dat – “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.” Jeremia 17:9-10
Danie Botha