Met elke nuwe uitdaging stuur die Here soveel bevestigings en bemoedigings oor jou pad. Ek is onlangs herhinner aan die vrou wat by Jesus gekom het en hom gevra het om haar dogter te genees van die duiwels wat in haar was. Jesus het eenvoudig geantwoord dat dit nie reg is om die brood van die kinders vir die honde te gee nie. Haar reaksie was dat die honde wel die krummels kan kry. Hierdie geloof is een van die min gebeurtenisse waarvan Jesus openlik vir mense vertel het.
Soos ons almal weet het Jesus hoofsaaklik met die Jode gewerk , maar tog steeds gesterf sodat almal ‘n kans kan kry op lewe. God het ook Paulus gestuur om die heidene (gentiles) te help en te leer. So daar is nie een van ons wat kan sê ons is uitgesluit uit God se plan nie.
Die Here stuur uitdagings oor ons pad, moeilike dinge, en al wat Hy vra is dat ek en jy naby aan Hom sal leef, en Hom sal ken in al ons weë.
Mag elkeen van ons in Jesus geanker wees, vervul met die Heilige Gees, en God in ons gedagtes hou.

Danie Botha