Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?

Picture

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?

Die Bybel gee die antwoord in Psalm 119. Deur dit te hou na Sy woord.
Ons sien in hierdie skrif dat God se Woord die antwoord is.   Dit is hierdie Woord wat ons vernuwe, ons bemoedig, ons troos, ons die regte pad wys, ons die plan bekend maak.   Dit was na aanleiding van God se woord dat Noag ‘n ark gebou het en gered is.  Abram getrek het na ‘n land belowe, waar sy naam verander is na Abraham.  Josef opperste gesag geword het naas Farao, en sy mense (Israeliete) gered het van hongersnood.  Moses het God se volk gelei na vryheid.  Joshua en Kaleb geglo het dat hulle in staat is om te oorwin in hierdie nuwe land.  Die voorbeelde gaan aan.  Die punt is mense het geluister na God se woord (stem) en geglo dat Hy in staat is om hulle te red.

Hierdie week herhinner die Here ons aan die verhaal van die Melaatse man wat na Jesus gekom het(Mark 1:40).  Hy het hierdie woorde van geloof gespreek – “ As U wil, kan U my reinig.” – Let op dat daar geen twyfel was in sy vraag nie.  As ons kinders ons kom vra vir ‘n lekker dan vra hul gewoonlik of hulle ‘n lekker mag kry.  Die twyfel bestaan in hul hart dat ons ja gaan se, veral na ‘n dag van lekkers.  Hulle is nie oortuig dat dit ‘n ja sal wees nie.  Hierdie man het na Jesus gekom in ‘n tyd waar melaatsheid seker een van die ergste dinge was wat jou kon oorkom.  Hy het nie gevra of Jesus hom sou genees nie, hy het geweet dat Jesus kon as Hy wou.  Dis geloof.  Jesus het in sy hart hom jammer gekry en in liefde Sy hand uitgesteek na die man!  Sy antwoord – “Ek wil, word gereinig”

In ‘n ander verhaal het Jesus vertel van die Saaier wat saadjies uitgestrooi het (Markus 4).  Hierdie saad het in gelyke maat oor die verskillende gronde geval, op die harde grond, op die klipperige grond, op die grond met onkruid en op die goeie grond.  Die uiteinde vir elkeen van hierdie tipes grond is sooo verskillend.  Jy sien die saaier is nie suinig met die saad nie.  Die bybel vertel ons dat die saad die woord van God is.  Dit word in ons lewens gesaai.  Die reaksie daarop is die grond en omstandighede.  Miskien is dit tyd dat dat die grond gebreek word in jou lewe,  miskien is jy besig om met ‘n rots of twee te stoei, of verblind onkruid jou uitsig – dis waar die meeste van ons, onself bevind.  Dis ‘n proses om by die goeie grond uit te kom.

Wanneer jy ‘n stuk nuwe grond voorberei is daar redelik werk wat voor jou lê.  Eerstens moet die harde kors wat vorm van voete en hoewe wat daarop loop, water wat dit kompakteer en son wat dit hard bak, gebreek word.  Dan is daar die kwessie van die oneindigende klippe wat verwyder moet word sodat die wortels diep en ongesteurd kan groei.  Daarna, groei die onkruid maklik – hierdie onkruid moet met sorgvuldigeid een vir een, en kompleet met wortel verwyder word.  Hierdie proses vat ‘n rukkie. Wat so ongelooflik is, is dat God ons lei met Sy woord.  Hy help ons met elke deel van hierdie proses, en Hy bemoedig as ons ongeduldig raak met die proses.

Mag God vandag in jou hart werk, mag Sy woord jou bemoedig  om die grond gereed te kry vir die saad wat kom.  Hy is nie suinig met die saad nie, en hierdie saad het die vermoë om in jou lewe vrug te dra.  Ek eindig met Psalm 119.

9Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.
10Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
12Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge!
13Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.
14Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.
15Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
16Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

​Danie Botha


Loading

Share This Content Via: