Ek sal U verhoog, Here, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie. Here my God, ek het U aangeroep om hulp en U het my gesond gemaak. Ps 30:2-3
Hierdie afgelope twee maande sou nie moontlik gewees het sonder julle omgee, liefde en gebede nie. Waar ons woorde en krag opgehou het, het julle gebede ons gedra. Baie dankie. Ons is so dankbaar om deel van Petrus Steyn te wees! Ons wil rerig saam die Psalmdigter sê: ” Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Ps 16:6
Baie baie dankie aan elkeen wat saam ons en vir ons gebid het. Ons Abba Vader het ons Mienje-kind gesond gemaak!! Aan Hom kom toe al die lof en al die eer, want:
U het my weeklaag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. Here my God vir ewig sal ek U loof! Ps 30:12-13
Mag jy God se hand en Sy oneindige liefde in jou elke dag se doen en late ervaar.
Al ons liefde
Gf, Nadia en Mienje