Mienje van der Westhuizen

Picture

Op 2 Julie 2015 hoor ons dat ons liefste Mienje, dogtertjie van GF en Nadia van der Westhuizen, in die ISE in Bloemfontein opgeneem is.  Sy het ‘n virus opgetel en haar nierfunsie en organe is daardeur aangeval.  Ons as fellowship het dadelik begin bid vir klein Mienje.  Daar is ‘n gebedsbyeenkoms gereël vir daardie aand waarin ons almal ernstig vir Mienje ingetree het.  Die vroue van die fellowship het ook besluit om ‘n 24 uur gebedskring te begin vir Mienje.  Elkeen het ‘n uur gekies wat sy dan afgesonder het om spesifiek vir Mienje, Gf en Nadia te bid.  So is daar verskeie gebedsbyeenkomste gehou om vir Mienje, Gf en Nadia te bid.

 Mienje het haar eerste verjaarsdag gevier op 7 Julie 2015 in die ISE.  GF en Nadia het in hulle moeilike tyd nogsteeds die evangelie verkondig daar in die hospitaal.  Hulle het die paar oomblikke wat hulle dalk ‘n breuk het om uit die hospitaal te kom na mense gery in Bloemfontein om vir hulle siekes te bid.  Hulle het ook in die ISE vir kinders gebid en die personeel het getuig van wonderwerke wat die Here gedoen het.  


Ons loof en prys die Here vir Sy grootheid en almag!  Mienje is ontslaan op 17 Augustus 2015 en sy sterk aan by die huis.

Loading

Share This Content Via: