1Konings 17: 10-15.
Wat n “Divine appointment” met ABBA VADER Saterdag oggend, 31 Julie 2021 op Petrus Steyn tydens die SHE women ministry geleentheid saam sussies in Christus van die Heilbron en Kroonstad fellowships!
René deel oor Elia wat gestuur is deur God. Hy kom by ‘n weduwee wat besig was om houtjies op te tel om die laaste bietjie, net n handvol meel in die pot en n bietjie olie in die kruik, om n broodkoekie te maak en dan te sterf saam haar seun.
Dit herinner my toe hoe ek as kind op die plaas vir my Ouma stokkies moes gaan optel het om in die koolstoof vuur te maak.
Nie enige stokkies maak vuur nie hoor. Ons moes hulle mooi kies soos ouma ons geleer het.
Die Here herinner my dat ons “Handpicked” is in die Body of Christ net soos daardie stokkies om die “vuur” te begin. Die bietjie meel en olie ( wat dui op die Woord en Heilige Gees) wat ons nou het te bring en te gee en God sal dat dit nooit opraak nie.
Daar is altyd genoeg Woord deur die Gees om gevul te word.
Met ‘n dankbare hart is ons die middag terug na ons huise toe.
Grace Scheepers
Heilbron fellowship
SHE LADIES EVENT
Na n paar weke se ongelooflike storms en donkerte in my lewe besluit ek toe om toe maar Saterdag by Liezl hulle aan te sluit vir die vroue meeting in Petrus Steyn, Saterdag 31 Jullie 2021.
My gemoed was maar negatief, nie oor die kamp nie, maar omdat ek myself net wou toesluit. Elke getuienis het die spyker op die kop geslaan en met MY gepraat oor in watse toestand my hart is op die oomblik.
Ek het n paar koppe toegelaat om in my lewe te kom plek vat, n liggaam met klomp “ugly” koppe. Ek’t net weereens besef dat ek my vrede weer kom laat steel het omdat ek op negatiewe goed bly mediteer het.
Ek loof en eer God dat Hy “Die Body” in my lewe kom “establish” het wat net besluit het dat hul my gaan bystaan.
Dankie Abba Vader dat U, U Liggaam gestig het, dat niemand hierdie pad alleen hoef te stap nie, “when we are weak then You are strong”….
Dankie aan almal wat deel aan hierdie dag gehad het… kom ons hou aan om vir mekaar daar te wees en te bid…. EVERYBODY NEEDS THE BODY OF CHRIST.
Magret Capazorio Kroonstad Fellowship