Om ma te wees is ‘n hemelse voorreg.
Om dit te doen…’n op-jou-knieë-bly uitdaging. Moses se ma was een van daardie vroue in die Bybel met besonderse moed. In haar poging om haar babaseun teen die moordveldtog van die Egiptenare te beskerm, vleg sy ‘n mandjie, smeer dit met waterdigte pik en gaan steek haar baba tussen die riete weg.
Dis hier waar Farao se dogter hom kry en met Moses se ma n ooreenkoms sluit dat sy hom sal grootmaak, maar sal terugbring paleis toe.

In Eksodus 2 lees ons hoe Moses se ma vir hom gesorg het en op die regte tyd wel aan die prinses gaan “skenk” het.
Hoeveel moed moes sy nie vir hierdie deel van die ooreenkoms gehad het nie.
Om ma te wees is 3 dinge nodig.
1. Die onbreekbare mandjie van ons spesiale gevlegte liefde.
2. Ons waterdigte voorbeeld.
3. Die grootsheid om ons kinders tussen die riete van die lewe los te laat…..
Sodat hulle hul eie menswees kan gaan leef.
Ek bid saam elkeen van julle dat ons die moed sal hê vir al drie.
Ek weet ons geloof en vertroue is in Hom.
Hy is alreeds in die riete.
Hy is alreeds in hulle Februarie, hulle Maart, hul 2017….
Hy is getrou
Liefde en sterkte
Liezl