Vroeg ‘’n Maandagoggend sit ons by Medi Clinic. Ek moet al 6 uur daar wees. Die dokter wil vandag opereer, maar die Mediesefonds het nog nie magtiging gegee nie. Ons wag tot 8 uur. Die dame by Ontvangs sê: “ Dit neem 3 dae om magtiging te kry en ons is nou eers by dag 2.” Sy dink ons moet ‘n ander plan maak. Baie moedeloos stap ek terug na my man Johan. Terwyl ek hom nog vertel lui sy foon. Dit is Medi Clinic se admin. Kantoor. Ons het magtiging gekry! Dit is net die Here wat die onmoontlike moontlik kan maak. Ons dankbaarheid is so groot.
Spreuke 3:6 “Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.”
My naam is laaste op die teaterlys, maar toe ons weer sien stoot hulle my teater toe. Die Here was elke sekonde by my. Sy teenwoordigheid kon ek voel. Ek het gee ekstra bloed ontvang nie en die gewasse was skoon!
Rom 8:26 “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want on sweet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.”
In hierdie tyd kom wys die Here vir my ‘n lughawe. Die mense by die lughawe beleef angs en vrees. Almal staan met ‘n groenboekie en ‘n kaartjie in hul hande om iewers heen te gaan. So saggies kom sê die Here vir my: “Ek ken my kinders en wanneer Ek julle kom haal het jy nie ‘n groenboekie of ‘n kaartjie nodig nie.
Ek ken jou.”
Ek het net weer besef hoe lief die Here ons het en hoe nodig ek die Here het om in die Gees te wandel. My ‘Body’ het my so bygestaan in hierdie tyd. Dit is mense wat vir jou bid met danksegging en smeking en wat ‘n verhouding het met die Here en wat in die Gees is.
1 Kor. 12:3 “Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.”
Vandag is ek op die top van die berg, maar daar is weer ‘n tyd wanneer ek moet afgaan na die valley. Elke kind van God is gestuur om die evangelie aan die hele wêreld te verkondig.
Rom 10:1-21 “Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God.” V 17
Dankie, aan al my boeties en sussies vir elke gebed, drukkie, kuier en boodskap.
Lief vir julle,
Machel de Bruyn