Wat kan Jeus doen met krummels in ‘n gelowige hart?
Ek het ‘n getuienis gehoor van ‘n hoërskool dogter wat nie ‘n Bybel het nie. Sy het slegs ‘n boekie gehad en elke keer as iemand Skrif lees het sy die verse angstig neergeskryf. Sy vat daardie boekie elke aand en wanneer almal slaap lees sy die verse met haar selfoon liggie onder haar kombers oor en oor. Die krummels wat sy neergeskryf het in haar boekie het oorgegaan in ‘n nuwe lewe en Jesus het so vol geword in haar dat sy oorspoel na die mense om haar.
Dit herinner my aan die vrou wat na Jesus gekom het met ‘n behoefte in haar hart.
Matt 15:21-28
“Then she came unto Him and said, Lord, help me.”
Haar kreet voor die Here was opreg en in geloof. Sy was bereid om net met die krummels tevrede te wees, maar haar geloof was groot. Jesus kan wonders doen met ‘n hart van geloof.
“Jesus answered and said unto her, O woman, great is thy faith: “
Net soos Jesus die seuntjie se twee vissies en vyf brode gevat het en dit vermeerder het sodat daar nog mandjies vol oorbly, kan hy die krummels in ons so vermeerder dat ons begin oorloop na die om ons. Die kere wanneer ons voel ons net die krummels kry, ontvang dit in nederigheid, want Jesus kan mandjies volmaak met ‘n paar krummels en ‘n hart vol geloof.
In die Koningkryk van die Here is ‘n krummel van die Waarheid en ‘n hart vol geloof ‘n magtige wapen.
Mariska du Plessis