“And Deborah, a prophetess, the wife of Lapidoth, she judged Israel at the time. And she dwelt under the palm tree of Deborah between Ramah and Bethel in mount Ephraim, and the children of Israel came up to her for judgement. And she sent and called Barak the son of Abinoam out of Kedesh-naphtall, and said unto him. Hath not the Lord God of Israel commanded, saying, Go and draw toward mount Tabor…” Judges 4:4-6
Die Woord sê Debora het gesit onder die palmboom. Die Here wil hê ons moet sit by Sy voete om Sy stem te leer ken en te onderskei. Ons moet so naby aan Hom wees dat ons met ons kop op Sy bors lê en Sy hartklop hoor. Die Here praat in die stilword tye met ons. Om jou plek te vind in die Here se plan, leer om te wag op die Here. Hy sal op Sy tyd dit duidelik maak.
Sy het ook gesit onder palm van Debora. In Hooglied 2:3 sê die Here ons sit onder Sy skadu. Dit is Sy huis waar ons veilig is. Binne die Huis van die Here rig Hy ons op in bedieninge. Apostel, profeet, onderwyser, herder en evangelis. Die Here beplan vooruit elkeen se bediening of bedieninge. Ek moet sit onder my eie bediening. Dis waar die Here homself gaan openbaar aan elkeen en deur elkeen. Debora kon nie sit onder die boom van Maria nie. Moenie hunker na ‘n bediening of ‘n plek wat die Here nie vir jou beplan het nie. Sit daar waar die Here jou geplant het, in die bediening wat die Here jou gee. Dan vind ons ons plek in God se plan.
Debora het op ‘n eg vroulike manier die Woord van die Here aan Barak gebring. Sy het nie geskree nie en ook nie geforseer nie. Sy het gevra: “Het die Here nie bevel gegee nie?” Haar woorde was met sout besprinkel en dit het Barak net herinner aan die Here se opdrag aan hom. Hoeveel keer wil ons dinge reg praat of vir ander net vertel wat ons dink? Partykeer moet ons net herinner. Die Here het klaar die praatwerk gedoen.
Debora het op Barak se versoek saamgegaan na die oorlog, maar sy het nie die swaard opgeneem nie. Sy het nie saam met die mans gaan veg nie. Sy het geveg soos ‘n sissie. Met ‘n lied. Dit is presies hoe die Here wil hê ons as vrouens moet veg. Dit is nie ons plek om te veg soos die mans nie. Ons gaan net seerkry in die proses . Ons moet veg soos sissies. Nie met die vuiste nie, maar met ‘n Woord van wysheid uit die hart van God, met ‘n lied op die lippe van lof en aanbidding, met ‘n hart van gebed en smeking. Dit is hoe ek as vrou die oorlog ingaan. Laat die manne die swaard opneem en veg. Dis hoe God hulle gemaak het. Ons veg soos sissies en dit is perfek, want die Here gee dan die oorwinning.
Debora het geveg vir die Here slegs deur vir Barak wakker te maak en hom te herinner aan wat die Here reeds gesê het. So het sy saam gedeel aan die kosbare oorwinning.
Komaan girls! Kom ons veg soos sissies!
Mariska du Plessis