Dink aan die Vrystaat en jy dink aan ‘n plaasdam, mielielande en potjiekos. In eg Vrystaatste tradisie is dit ook hoe ons in Petrus Steyn die jaar afgesluit het. Op Sondag 4 Desember 2016 was ons almal se bakkies en karre gelaai en het ons saam afgesit na oom John Mentz, ‘n boer van Petrus Steyn, se plaasdam. Die mielies kom mooi op en die lande lyk groen oppad dam toe. Daar gekom begin elkeen sy plekkie skrop vir ‘n heerlike dag van visvang, fellowship en vrek lekker potjiekos.
Die dag is eintlik beplan rondom die jeug as ons jaarlikse jeugafsluiting. Almal is ingedeel en spoedig was daar 10 potte op die vuur besig om te prut.
Die Fellowships van Petrus Steyn, Heilbron, Lindley, Frankfort en Reitz saam met Rene en Leigh het bymekaar gekom om die dag lekker saam met ons jeug te geniet. Altesaam 120 mense het vergader by oom John se dam.
Ons het die dag begin met David wat ons in Worship inlei en Rene wat die Woord gedeel het. Die Woord het reguit en duidelik gekom en ons is uitgedaag met die woorde: “It is time to leave your own opinion behind and take God on His Word.”
Na ‘n heerlike tyd van fellowship met die Vader en mekaar het ons reggemaak om drie susters in die Here te doop.
Leatitia, Nicola en Elisma het elkeen hulle getuienisse gebring en daar was nie ‘n droeë oog oor nie. Daarna het ons afgestap dam toe en Rene en Gerhardus het die vrouens gedoop in die plaasdam. Dit was ‘n kragtige oomblik as getuies saam met die engele.
Volgende het die junior jeug ‘n konsert gedoen waar hulle uitgebeeld het wat hulle deur die jaar gedoen het by die jeug. Die eerste beginsels soos in Heb 6:1-3 is uitgebeeld deur Moses se trek met die Israeliete uit Egipte. Almal het heerlik gelag vir die Oscar-waardige toneelspel van ons jeug waarna daar vir elke kind ‘n t-hemp gegee is as herinnering aan 2016 se jaar saam met die Here.
Hierna het ons heerlik saamgekuier om die potte terwyl die kinders in die dam swem. Dit was waarlik ‘n dag van lig, eer, vreugde en blydskap in die Here en ons bring Hom alle eer toe vir wat Hy in 2016 gedoen het in ons onderskeie fellowships.
Mariska du Plessis