Met groot opgewondenheid en vol hoop en verwagting pak ons die pad aan na die “Survivor” jeugkamp by Drie Riviere vanaf 29 September tot 3 Oktober.
Die eerste aand begin met spanne indeel en skatte-jag. Dit laat almal sommer lekker rondhardloop en breek die ys sommer gou gou.
Dag 1 se tema: SONDER JESUS IS EK VERLORE
Oggend bybelstudie lees ons vir hulle
( Lukas 15:1-10 ) Ons vertel vir hulle dat hulle vir God van groot waarde is en dat hy als wil doen om jou te red.
Dag 2 se tema: JESUS HET MY GEVIND.
( Lukas 16:11-32 ) Die Vader se hande is altyd oop om jou as sondaar te ontvang nes jy is. Jy moet net erken jy is ‘n sondaar en dat jy Jesus nodig het.
Dag 3 se tema: JESUS MAAK ONS NUUT EN LEI ONS OP DIE REGTE PAD.
( Lukas 10: 25-37 ) Jesus red ons en Hy wil ons so graag versorg en ons lewens verander. Hy wil al ons seer genees.
Dag 4 se tema: OM ENDUIT SAAM MET JESUS TE VOLHARD!
(Psalm 23) Die pad saam met Jesus is nie altyd die maklikste pad nie, maar Dawid se psalm herinner ons dat ons nie bang hoef te wees nie, want die Here is altyd naby ons. Hy lei jou na waters waar rus is en Hy gee jou nuwe krag.
Met die laaste aand met prysuitdeling deel Rene met ons dat ons nie net “survivor’s” moet wees nie, maar dat God wil hê ons moet “thrive”…!
Elke dag was vol lekker aktiwiteite en sport en natuurlik het Wilma en Tracey vir heerlike kos gesorg.
Dankie aan elkeen wat met soveel Jesus-Liefde met die kindertjies gewerk het. Die kinders se harte was waarlik aangeraak en dit is so mooi om die groei in kinders te sien soos hulle jaar na jaar na die kamp terug kom.
Al die eer aan Jesus! Hy is getrou…Hy is ons enigste Hoop.
Kolie van Tonder

Ek gaan al vir hoeveel jare na die Youth Camps by Drie Riviere, maar dit was die eerste keer dat daar meer as 80 kinders by die kamp was. Dit was vir my so powerful om te sien hoe die Here met die klein kindertjies werk en veral hoe die Here my hele bungalow tot trane gebring het. Die tema van die kamp was survivor en oor die 4 dae het ons gehoor hoe ons verlore was, gevind is en op ons pad gesit is. Op die laaste dag was die tema om te “endure and to finish the race”. Die Here het my so aangeraak om seker te maak dat my hart reg is en dat ek met hierdie wedloop sal volhard.
Christiaan Beukes