Op 22 Sept 2017 het Petrus Steyn en Heilbron Fellowship ‘n Junior Jeug pizza aand gehou.
Wat ‘n mooi, geseende aand.
Ons wou graag ‘n geleentheid skep waar die laerskool kinders saam kan kuier en spontaan iets leer uit God se Woord en om hul aan te moedig om die Jeug Kamp (29 Sept -3 Okt 17 ) by te woon.
Natuurlik is kinders altyd honger en ons vul hulle magies met heerlike pizza. Elkeen kry kans om sy eie pizza te bou en kies hulle eie bestanddele om op die pizza basis te sit. Elke basis was dieselfde.
Die pizza bou sluit toe kragtig aan by die tema van die aand wat Kerkwees as Liggaam van Christus (Efs 4:15-16) was. Ons basis en die hoof van die kerk is Jesus en elke lid voeg by tot die kerk tot opbouing in sy afsonderlike rol. Dit bevorder die “smaak” in Liefde.
Die mammas het gehelp om die aand af te rond met ‘n lewendige poppekas vertoning.
Die aand was vol pret en lag elke kind (en ouer) is weg met die wete elkeen is belangrik en uniek of jy nou k(l)aas of baas is, oor of toon, ons het mekaar nodig (1Kor 12:18-20)
Marlise Steyn
Heilbron