Ma en Dogter Tee – Feb 2020
Met die vooruitsig van ‘n bos-kuier in die wiele gery deur donderwolke wat swaar opsteek oor die Riemland vlaktes van Heilbron, het 120 vroue vrolik saamgetrek in die saal op die plaas Donsveertjie vir ‘n heerlike Ma en Dogter tee op Saterdag 22 Februarie 2020. Met tafels wat smaakvol versier is, rusbanke en versiering by die ingang en ‘n prag kunsuitstalling deur Nadine Muller het ons onmiddelik welkom gevoel op die koel somersoggend.