Couples for Christ – Feb 2020

Wat ‘n ongelooflike geseënde naweek was dit nie?
 
Almal is met soveel liefde en omgee verwelkom en die kamp het afgeskop met ‘n ete uit die boonste rakke.
 
Mense se harte is aangeraak en seer is weer heelgemaak. Die Here werk so mooi met mense se harte en René het weereens die Woord op so ‘n kosbare manier oorgedra.
 
Elke sessie was intens en kosbaar met die mooiste getuienisse, onderandere Gerhardus en Liezl se getuienis. Die Here se teenwoordigheid was tasbaar en baie harte het sag geword.
 
Saterdag was ‘n dag vol pret en bederf, pragtige getuienisse, kragtige Woord, lofprysing, baie lag gedurende die spelletjies en die lekkerste kos is bedien.
 
‘n Hoogte punt van die naweek was die roomys karretjie wat almal bederf het met ‘n heerlike roomys!
 
Die aand was kosbaar met die eetsaal wat prentjie mooi oggemaak is. Liggies en harte het uit die dak gehang wat dit soos ‘n sprokieland laat lyk. Al die gaste was bedien met ‘n koninglike drie gang maaltyd.
 
Die aand is afgesluit met lofprysing en Lewende Woord.
 
Die Here se genade is so groot en net deur hom kom genesing, vergifinis en vrede.   
  
Marazelle Lamprecht
 

Loading

Share This Content Via: