Petrus Steyn Jeugafsluiting – Des 2018

​Wandel in die voetstappe van die geloof (Rom 4:12) was die mikpunt van elke jeug byeenkoms en met die jaarlikse jeugafsluiting kon ons dit sien. Kinders van God (Rom 8:14).
 
En wat ‘n besonderse jaar afsluiting was dit nie. Met die aankom slag het ek al God se teenwoordigheid ervaar en nes elke ander keer het Hy nie gehuiwer om Sy hart aan ons bekend te maak nie. 
 
Luan (12jaar) het die groot stap geneem om te wandel in die voetstappe van die geloof deur hom te laat doop, en mens kon in sy getuienis hoor en in sy lewe sien dat hy waarlik ‘n kind van God is.
 
Soos die dag teen ‘n einde begin loop het, en mense begin groet het en die reën begin neer sak het, het die paar mense wat oor gebly het God geloof en prys dat mens later nie meer kon onderskei tussen stemme en donderweer nie. 
 
Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!
PSALMS 150:6 AFR53
 
Mag ons elkeen hierdie jaar nes Luan opnuut kies om kinders van God genoem te word. Mag ons van God se eer vertel, verkondig van Sy werk en nooit ophou om Hom te loof nie.
 
Nadia van der Westhuizen 

Loading

Share This Content Via: